Brittanje skuif terreurbedreigingsvlak na ‘baie ernstig’

Die terreurbedreigingsvlak in die Verenigde Koninkryk is tot ‘baie ernstig’ verhoog na ‘n motorbomontploffing Sondag buite die Liverpool-vrouehospitaal. Een persoon is dood en nog een is ernstig beseer toe die taxi waarin hulle was in vlamme uitgebars het. Die passasier, ‘n Siriese vlugteling, het blykbaar die bom op hom gehad en wou na die hospitaal vervoer word. Die voorval is as ‘n terrorisme-aanval geklassifiseer en vier mense is in hegtenis geneem. Die land se terreurbedreigingsvlak was sedert Februarie ‘aansienlik’. Die minister van Binnelandse Sake Priti Patel, sê dit is die tweede voorval binne ‘n maand: