Brittanje is nie gereed vir nuwe-norm hitte nie

Brittanje gaan op die oomblik gebuk onder ‘n hittegolf en daar word verwag dat 40 grade Celsius, ‘n nuwe rekord, vandag bereik sal word. Verskeie stelsels het reeds ingegee en openbare treine sukkel op die oomblik. Die skaduminister vir klimaatsverandering, Ed Milliband sê dit sal die nuwe norm word en die land is nie gereed nie.