Brittanje het kommer oor dwelmsterftes

Kenners in Brittanje is bekommerd oor die toename in dwelm-verwante sterftes in Engeland en Wallis nadat dit die agtste agtereenvolgende jaar toegeneem het. Statistiek toon altesaam 4 561 mense het verlede jaar in die streke gesterf. Britse media berig die Kantoor vir Nasionale Statistiek sê dis die hoogste syfer sedert rekordhouding in 1993 begin het, en 3.8 persent hoër as in 2019. Die syfer dui op 79,5 per ‘n miljoen van die bevolking teenoor 49,4 in 2010.