Brittanje: Dit lyk soos Johnson, Sunak, Mordaunt

Die Britse minister van Verdediging, Ben Wallace, het aangekondig hy sal hom nie beskikbaar stel om Liz Truss as eerste minister te vervang nie. Wallace het wel sy steun vir Truss se voorganger aangekondig. Boris Johnson en sy gewese minister van finansies, Rishi Sunak, is die voorste aanspraakmakers, hoewel nie een van hulle formeel hul beskikbaarheid aangekondig het nie. Johnson het meer as drie maande gelede bedank nadat hy vir drie jaar as eerste minister gedien het. Johnson is op pad terug Brittanje toe. Hy het vakansie gehou in die Dominikaanse Republiek. Penny Mordaunt, die leier van die laerhuis, het ook gesê sy stel haarself as verkiesbaar voor.