Brittanje blok ook TikTok op regeringsfone

Brittanje het ‘n besluit deur Amerika, Kanada en die Europese Unie gevolg om die gebruik van TikTok op regeringsfone te verbied. Die Verenigde Koninkryk glo ook daar kan ‘n risiko wees oor hoe die gewilde video-uitruiltoepassing regeringsdata en -inligting gebruik. Daar word berig die toepassing se sekerheid en data-privaatheid word toenemend nagegaan oor kommer dat dit gebruik kan word vir die bevordering van standpunte in Beijing se guns. Die Amerikaanse regering het vroeër met ‘n algehele verbod op TikTok gedreig indien sy Chinese eienaars nie hul belang verkoop nie.