Hospitaal-verskaffers lewer nie meer in Gauteng af nie, te veel onbetaalde fakture

Die DA in Gauteng sê pasiëntsorg by die Charlotte Maxeke Johannesburg-hospitaal het gely. Dis weens verskaffers wat nie betaal is nie en weier om broodnodige toerusting, insluitend spinale naalde, epiduraal-stelle en CVC-kateters te verskaf. Volgens ‘n geskrewe antwoord van die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het die tekorte pasiëntsorg die afgelope ses maande geraak met vertragings in die bybring van pasiënte en die tydige toediening van vloeistowwe aan veral kritieke pasiënte. ‘n DA-lid, Jack Bloom, sê dis onaanvaarbaar dat pasiënte moet ly: