Britse veganis beboet omdat sy muise voer en plaag veroorsaak

’n Veganis wat weens haar etiese oortuigings versuim het om ’n muisplaag in haar huis te hanteer, is deur ’n hof in Essex, Brittanje, beboet. Margaret Manzoni, 73 jaar oud sê sy het die muise as haar troeteldiere beskou en het gemeen hulle sal nie na haar bure toe gaan nie omdat sy na hulle omsien. Dit is die tweede keer wat sy vervolg word nadat sy nie gehoor gegee het aan ‘n vorige bevel wat in April gemaak is nie. Die hof sê die impak van die plaag op haar bure beteken dat haar gebrek aan optrede nie gepas was nie. Sy is met 1 500 pond, of 30 000 Namibiese dollar beboet, met die hof wat die raadskoste van 2 395 pond of 48 000 dollar toegeken het.