Britse student bieg in ‘Truth or Dare’ oor moord

‘n Britse student is skuldig bevind aan moord op sy stiefouma nadat hy ‘n bekentenis teenoor sy vriende gemaak het tydens die speletjie “Truth or Dare”. Die lykskouer het die brand in haar huis in Lancashire waarin die 94-jarige Mary Gregory gesterf het, aan ‘n brandende sigaret toegeskryf en dit tot toevallige sterfte verklaar. Die 21-jarige Tiernan Darnton het daarna teenoor sy vriende en ‘n berader erken hy het die gordyne aan die brand gesteek want hy wou nie hê Gregory moet langer met demensie saamleef nie. Die polisie het toe die saak heropen.