Britse reeksverkragter toe al die tyd ‘n polisieman

‘n Britse polisiebeampte het erken dat hy tientalle seksuele aanrandings oor ‘n tydperk van 18 jaar gepleeg het, insluitend 24 aanklagte van verkragting, jare nadat verskeie owerhede van sy aanvalle ingelig is. David Carrick, 48 jaar oud, het skuldig gepleit op vier aanklagte van verkragting, valse gevangenisstraf en onsedelike aanranding in die hof. Hy het voorheen by ‘n verhoor in Desember, 43 ander misdrywe, insluitend 20 aanklagte van verkragting, erken. Die aanvalle van 12 vroue het van 2003 tot 2020 plaasgevind toe Carrick as reaksiebeampte en later binne die Met-polisie se parlementêre en diplomatieke bevel gewerk het en die Britse parlement, die premier se woning en buitelandse ambassades beskerm het. Die Met-polisie het om verskoning gevra omday het nie gereageer het op bewerings wat oor die jare gemaak is nie.