Britse premier kan mosie van wantroue in die gesig staar

‘n Konserwatiewe lid van die parlement voorspel die Britse premier Boris Johnson kan volgende week ‘n mosie van wantroue in die gesig staar weens Partygate. Dit verwys na partytjies wat strydig met streng inperkingsregulasies by sy ampswoning in Downingstraat 10 gehou is. Bob Neill sê hy is seker die stem sal teen die party se leier gaan. Altesaam 28 LP’s wil glo hê Johnson moet bedank. Volgens internasionale media is hy besig met ‘n hopelose poging om homself te red.