Britse polisiekommissaris: Prins Andrew nie bo die wet verhewe

Die Britse metropolitaanse polisiekommissaris, Cressida Dick, sê niemand is bo die wet verhewe nie. Sy is uitgevra oor bewerings van seksuele aanranding teen Prins Andrew. Dick het met internasionale media gepraat nadat Virginia Giuffre vroeër hierdie week ‘n siviele klag teen die Hertog van York in die VSA ingedien het, en beweer het hy het haar twee dekades gelede seksueel aangerand en geslaan. Dick sê hulle is besig om die saak te hersien, maar wou nie daarop uitbrei nie. Sy voeg by hulle is oop vir samewerking met oorsese owerhede.