Britse metropolisie in die spervuur

‘n Voormalige swart Metropolitaanse-polisie-beampte het onthul sy kollegas het sy gesig wit gewerf sodat hy, volgens hulle, kon inpas. Die mag se eerste openlike gay swart beampte, Gamal Turawa, sê rassistiese opmerkings is as “gekskeerdery” afgemaak en hy was “aandadig” aan sommige van die voorvalle van mishandeling waaraan hy blootgestel is. Die voormalige polisiekonstabel sê hy het selfdood oorweeg ná sy klagte oor onbehoorlike gedrag deur ‘n senior beampte na bewering nie ernstig opgeneem is nie. Turawa glo institusionele diskriminasie is steeds in die mag teenwoordig.