Herhaalde brande in Komani, Oos-Kaap, wek kommer

Die DA sê brande woed steeds in Komani in die Oos-Kaap. Die Bowler Park-sakesentrum het gister deurgeloop en ‘n aantal pakhuise is vernietig. Skade van sowat 80 miljoen Suid-Afrikaanse rand is aangerig. ‘n Aanliggende gebou wat deur die polisie se verskaffingskettingbestuur gebruik word, is ook beskadig. Die geskiedkundige stadsaal het verlede maand afgebrand. Dit is die vyfde verwoestende brand in die dorp die afgelope paar maande. Jane Crowley van die DA sê dit is tyd dat die leierskap van die munisipaliteit verwyder word: