Britse mediese tydskrif soek onverwerkte inligting oor Covid-entstowwe

Die redakteurs van die Britse mediese beroepstydskrif, BMJ, versoek onverwerkte inligting oor Covid-enstowwe. Hulle sê met die vorige pandemie het regerings miljarde bestee aan die opgaar van teen-entstof vir griep waarvoor geen bewys bestaan het dat dit die gevaar van komplikasies, hospitalisering of sterftes uitskakel nie. Die vervaardigers het proefnemings geborg. Hulle glo hierdie foute word weer gemaak. 

Hulle meen inligting behoort vir almal beskikbaar te wees om die voordele en gevare van die entstof te bepaal. Farmaseutiese maatskappye trek voordeel uit enorme winste sonder onafhanklike ondersoeke van hul wetenskaplike aansprake.