Britse leër help met brandstofkrisis

Die Britse leër gaan môre begin om petrol aan vulstasies in die land te lewer ná vrese oor ‘n tekort aan brandstoftenkwa-bestuuurders tot paniekaankope gelei het. Dit het die Britse regering gedwing om buitelandse bestuurders van visa’s kwyt te skeld om die tekort aan te vul. Motoriste het aan die begin van verlede week in lang toue by vulstasies gestaan waar tenks leeg getap en humeure opgevlam het.