Britse kinders tussen 12 en 15 sal entstof ontvang

Brittanje se hoof-mediese-beamptes het besluit kinders tussen die ouderdomme van 12 en 15 jaar kan teen Covid-19 ingeënt word. Die entstof sal waarskynlik in skole toegedien word en ouers sal hulle toestemming moet gee. Die Europese Unie het die Pfizer-entstof vir kinders ouer as 12 jaar in Mei goedgekeur. Die hoof-mediese-beampte in Engeland, Chris Whitty, sê die vermindering van die ontwrigting in onderrig was ‘n kritieke faktor in die besluit: