Britse kankerpasiënte wag tot 6 maande voor hulle spesialis kan sienApril 20, 2023
Die Britse opposisie, die Arbeidersparty, het ondersoek ingestel na kankerbehandeling in Brittanje. Die Nasionale Gesondheidsdiens in die land is onder erge druk. Volgens Liz Kendall van die party, wag party pasiënte meer as ses maande vir ‘n dringende verwysingsafspraak en ander, jare voor behandeling vir kanker kan begin en voltooi word.