Britse hof las vermeende Eskom-bedrieër kan aan Suid-Afrika uitgelewer word.

Die Westminster-landdroshof in Londen het beslis ten gunste van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vervolgingsgesag, dat die voortvlugtige, Michael Lomas, wat by Eskom-korrupsie betrek word, aan Suid-Afrika uitgelewer kan word. Lomas word verbind met die Kusile-bedrog- en korrupsiesaak van 745 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die NVG se woordvoerder, Sindisiwe Seboka, sê die ondersoekdirekteur, Andrea Johnson, is verheug dat die NVG ná ‘n twee jaar lange stryd uiteindelik vir Lomas in Suid-Afrika kan laat teregstaan.