Britse gimnastiek-skandaal: Afrigters word bekend gemaak

Gimnastiek: Die beheerliggaam vir gimnastiek in Brittanje sê hy gaan afrigters wat verban is, se name bekend maak, as deel van sy reaksie op ‘n ondersoek wat misbruik in die sport onthul het. Vierhonderd klagtes is ondersoek en het bevind jong gimnaste in Brittanje is vernederd, in skaamte en met permanente sielkundige of fisiese beserings gelaat. Die uitvoerende hoof van die beheerliggaam, Sarah Powell, sê hulle het ‘n 40-punt-aksieplan wat daarop gemik is om veilige, positiewe en regverdige ervarings vir gimnaste te skep.