Britse emigrant is slagoffer van haai-aanval in Sydney

‘n Britse man wat in Australië gewoon het is uitgeken as die slagoffer van gister se haai-aanval in Sydney. Die 35-jarige Simon Nellist is vermoedelik deur ‘n grootwithaai aangeval terwyl hy by Buchan-punt in Malabar geswem het. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar, nadat hy katastrofiese beserings opgedoen het. Nellist word beskryf as ‘n ervare seeswemmer wat lief was vir die oseaan. Hy was verloof en het in die Wolli Creek-gebied gewoon. Die voorval was die eerste noodlottige haai-aanval in die streek in bykans 60 jaar.