Brits-Belgiese vlieënier (19) wil alleen om die wêreld vlieg

‘n Negentienjarige Brits-Belgiese vlieënier het op ‘n reis van 51 200 kilometer vertrek in die hoop om die jongste vrou te word wat alleen om die wêreld vlieg. Zara Rutherford pak die vlug aan in ‘n Shark wat die wêreld se vinnigste mikroligte vliegtuig is. Haar roete sal haar in twee maande oor 52 lande op vyf vastelande neem. Sy befonds self haar reis met die grootste bydrae wat van borge kom, maar sy het ook haar motor verkoop. Rutherford sê dit was nog altyd haar droom en sy is verheug dat dit nou kan waar word.