Britney is verloof na haar pa uittree

Britney Spears en haar lewensmaat Sam Asghari is verloof. Die paartjie het mekaar in 2016 ontmoet tydens die vervaardiging van ‘n musiekvideo. Die nuus is op Instagram bekendgemaak. Die paartjie het ‘n videogreep geplaas waarin hulle met hul verloofringe pronk. Die verlowing volg nadat die sanger se pa, Jamie Spears, dokumente by ‘n hof in Los Angeles ingedien het om sy 13-jaar lange voogskap, wat hom in beheer van haar finansies en persoonlike lewe geplaas het, te beëindig. Britney het twee keer tevore probeer om haar pa uit hierdie rol te verwyder.