British Airways hervat môre direkte vlugte na Suid-Afrika

Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale Betrekkinge sê hy het bevestiging van die Britse Hoë Kommissaris ontvang dat British Airways van môre af direkte vlugte na Suid-Afrika hervat. Die lugredery het Vrydagmiddag ‘n reisverbod ingestel en alle vlugte na en van Suid-Afrika met onmiddellike ingang gekanselleer. Dit het gevolg nadat die departement van gesondheid gevalle van die Covid-19 Omikron-variant in die land bekend gemaak het. Die departement se woordvoerder, Clayson Monyela, sê die eerste vlug van Suid-Afrika na Londen vertrek Woensdag.