Bernhard Esau se borgaansoek vir vandag van hofrol verwyderNovember 29, 2021

Die voormalige Namibiese minister van visserye, Bernhard Esau, sou vandag in die Windhoekse hoërhof weer vir borgtog aansoek doen. ‘n Borgtogaansoek deur Esau, een van die Fishrot-beskuldigdes is vir vandag op die hofrol voor Regter Johanna Salionga geplaas, maar Esau se regsverteenwoordiger, Richard Metcalfe, het intussen gevra dat dit van vandag se hofrol verwyder word. Salionga sou ook verlede week die borgaansoek van een van die Fishrot-medebeskuldigdes, Nigel van Wyk aanhoor, maar sy saak is tot 6 Desember uitgestel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *