Brink, nuutverkose Tshwane-burgemeester, sê finansiële beheer is prioriteit

Die nuutverkose burgemeester van Tshwane, die DA lid, Cilliers Brink, sê een van sy hoofprioriteite is om beheer te kry oor die stad se finansies. Die stad was sedert Maart sonder burgemeester, ná die bedanking van die Congress of the People se, Murunwa Makwarela nadat hy blykbaar ‘n hof-rehabilitasiekennisgewing sou vervals het. Brink sê sy eerste taak is om die aanstelling van ‘n burgemeesterskomitee te verseker, wat vinnig ‘n aanpassingsbegroting sal voorlê, voor die sperdatum van 14 April.