Bring meer polisie om bendes te fnuik

Die DA in Gauteng sê leerders en ouers in gebiede wat deur bendegeweld geteister word, leef daagliks in vrees. Leerders wat skole in Westbury, Riverlea, Eldoradopark en Langlaagte bywoon, vind dit moeilik om veilig en betyds by die skool te kom weens die optrede van bendes. ʼn Woordvoerder van die DA, Crezane Bosch, sê die party het reeds aan die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, en die provinsiale kommissaris van Polisie, Elias Mawela, geskryf en meer sigbare polisiëring in hierdie gebiede versoek: