Bring Hoop-projek voorsien lammers aan boere in droogte

‘n Droogtehulp-organisasie, Boeredroogtehulp, het ‘n nuwe projek begin om hoop te bring vir droogtegeteisterde boere. ‘n Projekbestuurder, Chris van Beljon, sê een van die dringende behoeftes wat hierdie boere uitgespreek het, is om weer skape te kry om ‘n kudde op te bou. Van Beljon sê met hulle Bring Hoop-projek voorsien hulle lammers aan boere. Hy sê hulle soek diere-skenkings om die projek verder te voer.