Premier sê daar is dringende behoefte aan polisiehulpbronne in Wes-Kaap

Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, sê hulpbronne het ‘n dringende behoefte geword in voorstede wat misdaad-brandpunte is. Hy meen die minister van polisie, Bheki Cele, moet gehoor gee aan die gemeenskappe se oproepe om hulp. Winde het verskeie polisiestasies in Mitchells Plain besoek nadat Cele gesê het daar is nie ‘n gebrek aan hulpbronne nie. Winde sê in een gebied met 103 000 inwoners is daar 225 polisielede, wat beteken daar is slegs 15 lede aan diens per skof.