BRICS se ekonomiese groei kan globale balans swaai

Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper sê berigte dat BRICS lande tans ekonomies sterker is as die G7 lande, in terme van BBP is nie korrek nie maar, voeg by dat die groep sterk groei. BRICS sluit Brasilië, Indië, China, Rusland en Suid-Afrika in en dra tans 31,5 persent van die globale BBP by. Klopper meen die groei in BRICS kan die globale balans swaai.