Brics eis skietstilstand in Gaza

Die Brics-nasies, Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika het ʼn onmiddellike, blywende en volgehoue humanitêre wapenstilstand gevra wat kan lei tot ʼn einde aan vyandighede tussen Israel en Palestina. Die groep se leiers het gister virtueel ʼn buitengewone vergadering gehou om die situasie in Gaza te bespreek. President Cyril Ramaphosa het tydens die vergadering gesê hulle vra die internasionale gemeenskap om dringend op te tree om die lyding in Gaza te beëindig: