31 sterf in werwingstormloop in Brazzaville

Een-en-dertig mense is dood in ‘n stormloop tydens ‘n weermagwerwing projek in ‘n stadion in Brazzaville, die hoofstad van die Republiek van die Kongo. Verlede week het die weermag in die sentrale Afrika-nasie, ook bekend as Kongo-Brazzaville, aangekondig dat hy 1 500 mense tussen 18 en 25 jaar oud werf. Potensiële rekrute is aangesê om na die Michel d’Ornano-stadion te gaan. Werkloosheid vier hoogty in die land van 5,8 miljoen mense, waar volgens die Wêreldbank, ‘n beraamde 75 persent van die arbeidsmag in die informele sektor werksaam is, hetsy in eie diens of in laeproduktiwiteit sektore.