Brics bring gelykheid aan wêreldorde – Cosatu

Cosatu sê die Brics-lande, Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika, kom na vore as ‘n belangrike steunpilaar vir ‘n inklusiewe, regverdige en gelyke wêreldorde. Suid-Afrika bied in Augustus die 15de Brics-beraad aan terwyl daar vrae bestaan of die Russiese President Vladimir Putin dit gaan bywoon. Matthew Parks van Cosatu sê Brics se toenemende belangrikheid in internasionale handel en verhoudings lei daartoe dat talle lande reg oor die wêreld en die ideologiese spektrum aansoek doen om aan te sluit: