Brics brei uit, ontwikkel ook meer politieke mag

Brics brei verder uit met die jongste nuus dat Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate by die blok sal aansluit. Die stigting van Brics, deur Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika is aangedryf deur die behoefte om die sogenaamde Globale Suide te ondersteun. Maar, daar is ook ‘n politieke element daaraan verbonde, soos handelskenner Ryan Patel van die Drucker School of Management verduidelik.