Brics-beraad sal veilig plaasvind, alles is in plek

Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur is vol vertroue die 15de Brics-beraad in die Sandton-konvensiesentrum sal veilig plaasvind. Die samekoms van die koalisie wat bestaan uit Suid-Afrika, Brasilië, Rusland, Indië en China, sal aandag skenk aan verskeie onderwerpe, insluitend die bevordering van handel en belegging, volhoubare ontwikkeling en die hervorming van wêreldwye bestuur. Die voorsitter van die Brics-voorkeurkomitee, Tebello Mosikili, doen ‘n beroep op burgers om met die polisie saam te werk: