Brent verloor 10% in 30 dae

Die olieprys bly op die oomblik relatief laag en verhandel rondom 95 Amerikaanse dollar ‘n vat. Brent het in die afgelope 30 dae 10 persent van sy waarde verloor met 13 persent oor 90 dae. Analiste meen kommer oor ‘n wêreldwye ekonomiese resessie en verlangsaming na vraag dryf die kommoditeit af. Daar is ook effe verligting in voorraad tekorte met Opul en sy vennote, sowel as Saoedi-Arabië wat meer daagliks produseer. Maar, ‘n globale resessie, veral met syfers uit Europa en China, dryf die prys op die oomblik af.