Brent sak effe terug, maar steeds duurder

Brent ru-olie verhandel op die oomblik effe laer as vroeër vanoggend en het met 0,1 persent teruggesak na die kommoditeit met 1,8 persent duurder geword het tydens vorige handel. Ontleders sê ondanks die daling, is beleggers se aptyt terug ten spyte van Omikron. Pfizer se nuwe Covid-pil het ook vertroue gekweek maar inperkings wek ook kommer. China het 13 miljoen inwoners in die stad Xian ingeperk saam met verskeie ander inperkings wat wêreldwyd ingestel is. Maar, die ru-olieprys sal na verwagting weer styg omdat Opul steeds die opsie oorweeg om 400 000 vate daagliks by te voeg vroeg volgende jaar.