Brent op met 2,5% na Opul produksie sny

Die prys van Brent ru-olie het vanoggend met meer as 2,5 persent na 78,5 Amerikaanse dollar ‘n vat gestyg na Opul se beslissing oor besnoeiings maar het effe teruggesak tot net onder 78 dollar. Saoedi-Arabië het onderneem om vanaf Julie produksie met ‘n verdere 1 miljoen vate ‘n dag te verlaag. Die land moet ‘n prys van 80 dollar ‘n vat behaal om sy eie fiskale verpligtinge na te kom. Die besnoeiing in produksie is deel van die Opul-ooreenkoms. Die groep, wat Rusland insluit, verskaf ongeveer 40 persent van die wêreld se olie en het tans besnoeiings van 3,66 miljoen vate daagliks, ongeveer 3,6 persent van die globale aanvraag. Analiste meen sou Saoedi dié besnoeiing oor die volgende ses maande volhou, kan die Desember prys vir ‘n vat Brent met tussen 1 en 6 Amerikaanse dollar styg. Van die verlagings wat aangekondig is sal nie veel van ‘n impak hê nie omdat teikens vir Rusland, Nigerië en Angola die drie produsente net nader bring aan hulle werklike uitset op die oomblik en, die Verenigde Arabiese Emirate is toestemming gegun om sy produksie op te stoot met 200 000 vate daagliks na 3,22 miljoen vate, as ‘n maatreël om te verhoed dat die land die groepering verlaat.