Brent klim weer op Chinese groei, Amerikaanse werkskepping

Oliepryse het vandag skerp gestyg na verlede week se laagtepunte namate data oor Amerikaanse werkskepping en Chinese uitvoerdata wat kommer oor ‘n moontlike resessie verlig het. Brent het sedert vanoggend met amper 1 persent gestyg en verhandel tans rondom 95 Amerikaanse dollar ‘n vat. Kommer oor ‘n moontlike resessie het Brent met amper 14 persent laat terugsak, die grootste weeklikse daling sedert April 2020. Maar, China, die wêreld se voorste ru-invoerder, het in Julie 8,79 miljoen vate per dag ingevoer, hoër as die laagtepunt van vier jaar wat in Junie aangeteken is, maar steeds 9,5 persent minder as ‘n jaar tevore. Daar word verwag dat die vraag na olie vanjaar met 1,8 miljoen vate styg na 99,7 miljoen vate daagliks, net minder as voor die pandemie.