Brent klim met 7% vanoggend

Oliepryse het vir die tweede agtereenvolgende dag gestyg weens toenemende kommer oor die vraag in Europa na uitdagings met Russiese olie ervaar word. Rusland sal net 20 persent van sy pyplyn kapasiteit gebruik om gas aan Europa te voorsien. Duitsland, Europa se grootste ekonomie, staar moontlike rantsoenering van gas aan nywerheid in die gesig om sy burgers gedurende die wintermaande warm te hou. Brent ru-olie verhandel op die oomblik bo 106 Amerikaanse dollar per vat, op vanaf rondom 99 dollar, ‘n styging van amper 7 persent vanoggend.