Brent klim bo US$90, senuagtig oor Midde-Ooste
Brent ru-olie verhandel tans bo 90 Amerikaanse dollar per vat terwyl beleggers die toenemende geweld in Gaza dophou met ‘n moontlikheid dat dit kan versprei. Israel se sikkel het tot ‘n laagtepunt van byna agt jaar gedaal, nadat die land se eerste minister, Benjamin Netanyahu, belowe het om Hamas te verwoes in weerwraak vir die aanval op 7 Oktober. Intussen blyk dit Hezbollah en Iran wil-wil betrokke raak. Brent het Vrydag met ‘n totaal van amper 6 persent gestyg en het handel vanoggend op 91 dollar 20 geopen maar het effe teruggesak.