Brent kalmeer… verhandel konstant, vir nou
Brent ru-oliepryse het vandag tussen net onder 109 en 107 Amerikaanse dollar ‘n vat verhandel. Op die oomblik kos ‘n vat net onder 107 dollar. Terwyl daar kommer is oor voorraad – oor verskeie redes – het die inperkings in China, wat steeds nie gelig is nie, verligting in voorsiening gebring. Die feit dat die Internasionale Monetêre Fonds sy groei vooruitsigte vir die wêreldekonomie met ‘n persentasiepunt afgebring het, het ook effe verligting gebring. Daar is wel kommer dat China binnekort sy Covid-infeksies buite kwarantyn-fasiliteite onder beheer sal hê en dan, inperkings ophef, wat vraag na olie sal laat toeneem. China is volgens verskeie ekonome, die wêreld se grootste olie-invoerder. Die land koop steeds by Rusland olie aan maar dit is nie bekend watter invloed dit op wêreldvoorsiening sal hê nie.