‘Brave Warriors-speler’ gearresteer na tref-en-trap

‘n Lid van die nasionale mans-sokkerspan, die Brave Warriors, is volgens die Erongo-polisie in aanhouding nadat hy glo in ‘n tref-en-trap ongeluk in Tutaleni, Walvisbaai betrokke was. Hy het na bewering ‘n voetganger raakgery, wat ernstig beseer is, en toe weggejaag. Volgens die polisie het die verdagte se pa hom uit Windhoek teruggebring na Walvisbaai, waar hy in hegtenis geneem is. Die verdagte sou glo vandag saam met die span na Ghana vertrek vir ‘n oefenkamp. Sy naam kan eers bekend gemaak word nadat hy in die hof verskyn het. Nog ‘n tref-en-trap ongeluk is in Mondesa in Swakopmund aangemeld. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.