Brave Warriors se uitstap-klere teruggetrek

‘n Herrie het op sosiale media uitgebars nadat ‘n foto gedeel is van Namibië se nasionale mans sokkerspan, die Brave Warriors, in hul uitstap-klere wat Swapo-kleure op die skouers het. Die amptelike opposisieleier van die Public Democratic Movement, McHenry Venaani, het op X gesê die stap dui op politieke desperaatheid van die Swapo-party. Kosmos 94.1 Nuus het met Cassius Moetie, die bemarkings- en kommunikasiebestuurder van die Namibiese Sokkervereniging, gepraat wat sê die uitstap-klere is onmiddelik teruggetrek en daar was nie behoorlike konsultasies oor die kleure daarvan nie.