Brave Warriors opgewonde oor hul kanse vanaand

Die Brave Warriors kom vanaand teen Mali te staan in die laaste ronde van die 2023 Afrikabeker-groepfase. Die Brave Warriors het hul veldtog afgeskop met ‘n verrassende 1-0 oorwinning oor Tunisië. Hulle is egter in hul tweede groepwedstryd met 4-0 deur Suid-Afrika geklop. Namibië is derde in hul groep met drie punte van ‘n haalbare ses en kan vanaand deurdring na die uitklopfases met ‘n oorwinning, terwyl ‘n gelykop-uitslag ook genoeg kan wees. Afrigter Collin Benjamin sê hulle is opgewonde oor vanaand se wedstryd, aangesien hulle ‘n kans het om na die volgende ronde deur te gaan.