Geingob se gees goed, kry behandeling: Nandi-Ndaitwah

Adjunk-eerste minister en Swapo visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah sê president Hage Geingob se gees is goed terwyl hy mediese aandag ontvang. Sy voeg by dat hy sal voortgaan om die sake van die party en regering te bedryf terwyl hy die nodige prioriteit aan sy behandeling gee. Die Presidensie het verlede week aangekondig dat Geingob met kanker gediagnoseer is. Nandi-Ndaitwah sê in ‘n mediaverklaring, ‘Ons is almal menslik en geneig tot siekte, daarom is dit natuurlik om bekommerd te wees oor die gesondheid van ons leier’. Sy doen ‘n beroep op die nasie om sonder spekulasie die president ruimte te gee om op sy herstel te fokus.