Brave Gladiators verloor vriendskaplike wedstryd teen Botswana

Die Namibiese vroue-sokkerspan, die Brave Gladiators, het in ‘n vriendskaplike wedstryd van Botswana se onafhanklikheidsvieringe in Gabarone teen die land se span die knie gebuig. Botswana het Namibië met twee doele teen een gewen. Ivonne Kooper het Namibië se enigste doel in die tweede helfte aangeteken nadat Botswana teen rustyd met 2-0 voorgeloop het.