Brasilië: Dis Tropical Trump teen Lula vandag

Brasiliaanse kiesers, 120 miljoen van hulle, gaan vandag in ‘n gespanne verkiesing na die stembus om tussen die verregse President Jair Bolsonaro of linkse voormalige president Luiz Inacio Lula da Silva kies. Bolsonaro, bekend as Tropical Trump, het belowe om ‘n skerp konserwatiewe wending in die Brasiliaanse politiek te konsolideer ná ‘n presidentskap wat deur die pandemie geskend is. Lula beloof meer sosiale en omgewingsverantwoordelikheid, en herinner aan die stygende welvaart van sy 2003-2010 presidentskap.