Brasiliaanse President kondig noodtoestand af

Brasiliaanse President Luiz Inácio Lula da Silva het ‘n federale veiligheids-noodtoestand en ingryping in die hoofstad van Brasilia verklaar, nadat duisende ondersteuners van sy voorganger Jair Bolsonaro die presidensiële paleis, die kongres en die hooggeregshof binnegeval het. Baie van die betogers was in die landsvlag gedrapeer toe hulle die geboue binnegestorm en geplunder het. Veiligheidsmagte het intussen weer beheer oor die geboue verkry en sowat 200 mense is in hegtenis geneem. Lula da Silva het belowe hulle sal die oproeriges opspoor en met die volle mag van die wet laat kennismaak.