Brandweervoertuie in Kaapstad met klippe bestook

Daar was die afgelope 24 uur drie voorvalle waar die Stad Kaapstad se brandweervoertuie met klippe bestook is. Die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, sê brandbestryders van Gugulethu het onttrek aan die toneel van ‘n voertuigbotsing in Oliver Tambo-laan in Manenberg nadat hulle voertuig met klippe bestook is. In Wynberg het voetgangers ‘n brandweervoertuig onder die klippe gesteek en brandbestryders is ook aangeval toe hulle gereageer het op ‘n brand by informele strukture in Mfuleni. Smith sê dis slegte nuus vir gemeenskappe.