Brandweerspanne beveg verskeie brande in Kaapse Wynland

Die brandweerspan van die munisipaliteit van die Kaapse Wynland-distrik, bestry tans verskeie brande. In die Paarl word pogings bemoeilik deur digte plantegroei en ‘n sterk wind. Die woordvoerder van die brandweerdiens, Jo-Anne Otto, sê weens die digte plantegroei kan brande nie bereik word nie en bestryding uit die lug het tot dusver misluk.